Vrae oor babalyk by Oprah-skool

2011-02-18 08:09
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - ’n Sluier van geheimhouding is getrek oor die omstandighede waarin ’n babalykie Woensdag by die Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls in Henley-on-Klip gevind is.

Terwyl gerugte Donderdag die ronde gedoen het dat die Amerikaanse kletsprogramaanbieder op pad Suid-Afrika toe is, wou nóg die skool nóg die polisie enige inligting verskaf.

Paramedici is omstreeks 20:00 Woensdagaand na die skool ontbied nadat ’n 17-jarige meisie vier ure vroeër geboorte aan ’n babaseuntjie gegee het. Sy het glo baie gebloei en is in die Midvaal-hospitaal in Vereeniging opgeneem.

Hulle het later die lykie in ’n plastieksak tussen bebloede klere ontdek nadat van die meisie se vriendinne die sak aan die paramedici oorhandig het.

Kapt. Shado Mashobane, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê ’n klag van die verberging van ’n sterfte word voorlopig teen die meisie ondersoek.

Dié klag sou verander word indien die lykskouing, wat Donderdagmiddag op die baba uitgevoer is, sou toon hy is vermoor.

’n Woordvoerder van die hospitaal het Donderdag gesê die meisie, ’n gr.11-leerling aan die skool, is Donderdagoggend ontslaan. Sy wou nie meer inligting gee nie.

Volksblad het vertroulik verneem die meisie het Donderdag met ’n berader gepraat en dat haar ouers van die Oos-Kaap op pad na haar toe is.

Ondanks verskeie oproepe, wou die skool se woordvoerders geen kommentaar lewer nie, terwyl polisielede Donderdag teen 18:00 geen inligting rondom die lykskouing gehad het nie.

Gerugte dat Winfrey in die land is om glo met die meisie en haar ouers te praat, kon ook nie gestaaf word nie.

Winfrey het verlede maand in ’n onderhoud met Pierce Morgan vertel hoe moeilik dit vir haar was om 14 en swanger te wees. Sy het teenoor hom gebieg dat sy haar lewe wou beëindig.

Winfrey het die baba twee weke ná sy geboorte verloor. Sy het aan Morgan gesê “as jy 14 is en jy het ’n baba, is jou lewe verby”.

“Ek was baie verlig om die baba, met wie ek geen band gehad het nie, te verloor. Dit was my tweede kans in die lewe,” het Winfrey gesê.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.