Vrae oor Malema se naam op ledelys

2010-05-09 06:31
Tweets Share Share line Print

Piet Rampedi, Rapport

Johannesburg - Tot verlede week nog het Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se lidmaatskap nie op die regerende party se databasis verskyn nie.

Maar toe sy dissiplinêre verhoor Maandag begin, was sy naam wel op die ledelys.

Indien hy nie ’n betaalde lid van die ANC was nie, sou Malema nie voor ’n dissiplinêre verhoor gedaag kon word nie, en sou hy ook nie ’n leier van die jeugliga kon wees nie.

Die enigste Malema in die 2008- en 2009-rekords van sy Barney Molokoane-tak in Seshego, Polo-kwane, was sy ouma Sarah (81).

“Ons rekords toon Julius het die afgelope twee jaar nie sy lidmaatskap met die taksekretaris hernieu nie,” het die takvoorsitter, mnr. Matlala Maremane, gesê.

Maar Malema het teruggekap: “Die nasionale lidmaatskapstelsel is ’n probleem. Vra vir Fikile Mbalula, hoof van veldtogte, hy sal jou sê. Hulle probeer om die stelsel nog perfek te kry. By tye, wanneer jy ’n naam soek, kan jy dit nie kry nie.

“Ek is ’n lid. Kontak Boy Mamabolo en David Morapedi, jeugliga- en ANC-taksekretarisse.”

Morapedi het gister gesê: “Daar is twee tipes lidmaatskap: drukstukke (hard copy) of elektronies. En ons boekstaaf lidmaatskap net in drukstuk-lêers. Malema het ’n vyfjaar-lidmaatskapkaart wat, as ek reg onthou, in 2013 verstryk.”

Die herrie oor Malema se lidmaatskap volg nadat bronne in die ANC beweer het ’n skikking sal moontlik bereik word met sy hangende dissiplinêre verhoor weens vrese oor hoe die saak die party se nasionale algemene raad (’n groot byeenkoms vir ANC-lede) in September kan belemmer.

Die weekblad Mail & Guardian het Vrydag berig dat Malema gaan bevraagteken of die dissiplinêre komitee die reg het om hom te verhoor.

Sommiges in die ANC bepleit nou ’n pleitooreenkoms vir Malema.

- Rapport

Lees meer oor: julius malema  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.