Vrae oor Henning se eks

2012-01-18 20:59
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Dit was teen Woensdag nog nie bekend of Chanelle Henning se eks-man, Nico, wat ‘n verdagte in haar moordsaak is, in hegtenis geneem sal word nie, het die polisie in Gauteng gesê.

“Daar is in die hof gesê hy is ‘n verdagte en dat ons verder moet ondersoek instel. In hierdie stadium volg ons nog inligting op. Die ondersoekbeampte het nog nie aangedui of hy in hegtenis geneem is of nie,” het lt. kol. Katlego Mogale gesê.

Kapt. Petrus van der Spuy, ondersoekbeampte, het Dinsdag in die Pretoria-streekhof getuig dat foonrekords daarop dui dat een van die beskuldigdes, André Gouws, op die naweek van 6 November 2011 van Henning se foon af gebel is.

Van der Spuy het getuig in die staat se bod om te keer dat borgtog aan Gouws toegestaan word.

Volgens getuienis wat vroeër in die verhoor van die voormalige polisiebeamptes Gerhardus du Plessis en Willem Martinus Pieterse gehoor is, het “’n beller” Gouws opdrag gegee om die moord wat daardie naweek sou plaasvind uit te stel, omdat “die teef die naweek die baba gehad het”.

Die Hennings het ‘n seun, wat vyf jaar oud was ten tyde van sy ma se dood. Hulle was vroeër in ‘n dispuut gewikkel oor toesig oor die seun. Chanelle het dié dispuut gewen.

Sonder om ‘n naam te noem, het Van der Spuy aan die hof gesê die polisie moet nog “die meesterbrein” vastrek en verwag nog inhegtenisnemings.

Luidens Gouws se beëdigde verklaring, wat in die hof gelees is, beoog hy om onskuldig te pleit wanneer die verhoor begin. Hy beweer hy is ernstig aangerand toe hy in hegtenis geneem is en later weer tydens sy aanhouding.

“Ek is met die dood gedreig. Ek is bevrees ek sal myself nie in die hof kan verdedig as ek nie op borgtog vrygelaat word nie.”

Hy het gesê hy sien om na sy 70-jarige ma, vir wie hy finansiële steun bied.

Gouws se borgtogaansoek is tot 24 Januarie uitgestel.

Die voormalige olimpiese atleet van Nigerië Ambrose Monye het sy borgtogaansoek laat vaar. Hy verskyn weer op 16 Februarie in die Pretoria-streekhof.

Monye (37), Gouws (47), Preshan Singh (24), Du Plessis (34) en Pieterse is in November in hegtenis geneem in verband met die verbyry-skietery waarin die jong ma dood is.

Sy is geskiet deur twee mans op ‘n motorfiets terwyl sy bestuur het in Faerie Glen in die ooste van Pretoria op 8 November 2011, oomblikke nadat sy haar seun by die Morning Star Montessori-dagsorgsentrum afgelaai het.

Du Plessis en Pieterse is op 14 Desember skuldig bevind en tot 18 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle ‘n pleitooreenkoms aangegaan het. Hulle het skuldig gepleit op aanklagte van moord, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Singh se borgtog van R5 000, wat in November toegestaan is, is Dinsdag tot 16 Februarie verleng.

- Volg Nuus24 op Twitter

 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.