Voortvlugtige vasgetrek by OR Tambo
2010-01-25 15:21
Johannesburg - 'n Man op Interpol se lys van die mees gesoekte misdadigers ter wêreld is by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.
Die man het van die Verenigde Koninkryk gereis.
Musa Zondi, 'n woordvoerder van die Valke, het gesê die man is Sondag in hegtenis geneem ná hulle gewaarsku is toe die man die VK verlaat.
Zondi kon nie sê waarvoor die man gesoek word nie.
Die man word in 'n onbekende plek aangehou.
"Ons sal met Interpol of sy tuisland praat om vas te stel wat om met hom te doen...afhangende van die uitkoms van dié gesprekke, kan hy na sy tuisland teruggestuur word of teruggaan na die land wat die waarskuwing gestuur het," het Zondi gesê.
– Sapa