Voortvlugtige misdadiger pleeg selfmoord
2011-09-01 17:00
Polokwane – 'n Voortvlugtige misdadiger, wat drie maande gelede uit polisie-aanhouding ontsnap het, het selfmoord gepleeg toe die polisie op sy skuilplek toegesak het, het die polisie in Limpopo Donderdag gesê.
Smangele Abel Thulare, wat gesoek is in verband met 14 huisrooftogte, het 'n skietwond aan sy kop opgedoen, het brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die polisie het Woensdag reageer op 'n wenk en het toegeslaan op die HOP-huis waarin hy gewoon het.
"Toe hulle Thulare beveel om uit te kom, het hy op die polisie losgebrand," het Mulaudzi gesê.
"Die polisie het geskuil totdat die koeëls ophou vlieg het."
Toe die polisie in die huis kom, het hulle die 30-jarige op die vloer gevind. Hy is na 'n hospitaal geneem, waar hy dood verklaar is.
Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) ondersoek die saak.
'n Geregtelike nadoodse ondersoek sal gedoen word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA