Voortvlugtige Kotzé vasgetrek
2012-01-11 12:15
Johannesburg – Die voortvlugtige sakeman Johan Kotzé is pas in Modimolle in hegtenis geneem, het Beeld Woensdagmiddag berig.
Kotzé (50) het drie mans glo met ‘n vuurwapen gedwing om sy vervreemde vrou te verkrag.
Hy het ná die aanval op sy vrou gevlug. Hy het glo Conrad Bonnette (19), sy stiefseun, doodgeskiet.
Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder vir die polisie in Limpopo, sê die polisie het Dinsdagaand Kotzé se Toyota Fortuner in Modimolle gevind.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Volg Nuus24 om op hoogte te bly van die verwikkelinge.
Volg Nuus24 op Twitter