Voormalige Bafana-speler doodgesteek

2012-01-21 13:23
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Jeffrey Ntuka, 'n voormalige sokkerspeler van die Bafana-span, is vroeg Saterdagoggend in Kroonstad by 'n plaaslike nagklub doodgesteek, het Kickoff.com op hul webwerf berig.

Besonderhede rondom die voorval wat tot die 26-jarige Ntuka se dood gelei het is nog vaag, maar daar word beweer dat hy en een van sy vriende in 'n rusie betrokke was oor 'n boksie vuurhoutjies, het SuperSport.com berig.

Volgens Maselela Langa, 'n polisiewoordvoerder by die Maokeng polisiestasie in die Vrystaat, is die persoon wat Ntuka doodgesteek het aan hulle bekend maar hy mag nie sy naam bekendmaak nie.

Die verdagte is steeds op vrye voet, maar die polisie is besig om na hom te soek en hoop om hom voor die einde van die dag te arresteer, het Langa gesê.

Michael Hughes van Stella Africa het Ntuka se heengaan bevestig.

"Ek het met sy vrou gepraat en sy het bevestig dat Ntuka oorlede is."

Ntuka en sy vrou is glo van mekaar vervreem.

Hy het in 2003 na Chelsea in Engeland geskuif en is kort daarna vir die klub Westerlo geleen. Hy was 'n gereelde speler vir die nasionale o.23-span en het vyf keer vir Bafana Bafana gespeel.

Ntuka het ook vir Kaizer Chiefs en SuperSport United gespeel.

– Volg Nuus24 op Twitter.


- SAPA

Lees meer oor: jeffrey ntuka  |  kroonstad  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.