Vonke spat oor jeug se fortuin

2011-02-25 08:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Ek weet nie.”

Só het Pravin Gordhan, minister van finansies, Donderdag op ’n vraag in die parlement gereageer oor hoe die nasionale jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) sy toedeling van meer as R1,2 miljard oor die volgende drie jaar gaan gebruik om werk te skep.

Kobus Marais (DA) het op ’n gesamentlike vergadering van verskeie parlementêre portefeuljekomitees oor Gordhan se begrotingsrede eergister oor die NYDA se planne vir werkskepping gevra.

“Hoe op dees aarde gaan dié organisasie werkskepping stimuleer? Daar bestaan nêrens enige bewyse dat hulle dit kan doen nie,” het hy aan Gordhan gesê.

Begroting

Die NYDA, wat deel van die presidensie uitmaak en onder leiding staan van Andile Lungisa, Julius Malema se adjunk in die ANC-jeugliga, se begroting is vyf keer soveel as Trevor Manuel, beplanningsminister, s’n.

Terwyl Manuel se begroting – wat aangewend moet word om ’n omvattende nasionale visie en bedryfsplan op te stel – oor die volgende drie jaar R242 miljoen gaan wees, kry Lungisa en die NYDA R1,22 miljard “om jeugontwikkeling-ingrypings” te finansier.

Die NYDA het berugtheid verwerf toe hy verlede jaar ’n “anti-imperialistiese” jeugfees aangebied wat op ’n chaos uitgeloop het. Dié fees, wat nagenoeg R100 miljoen gekos het, was volgens Lungisa een van die dryfvere agter die onlangse opstande in Noord-Afrika.

Dit het sedertdien aan die lig gekom die NYDA se bestuur bestaan grootliks uit amptenare van die ANC-jeugliga. Steven Ngobeni, die jeugliga se adjunk-sekretaris-generaal, is ook die hoofbeampte.

Volgens die presidensie se begroting sal die NYDA vanjaar altesaam R188 miljoen aan salarisse bestee – amper die helfte van sy begroting van R386 miljoen.

Stygings

Die gemiddelde vergoedingspakket van NYDA-werknemers het oor die afgelope vier jaar met meer as 600% gestyg: in 2007-’08 was dit R81 000 per werknemer, vanjaar is dit R517 000.

Gordhan het aan Marais gesê die begrotingsproses is uitgerek en ingewikkeld en dat baie rolspelers insette lewer. Hy weet egter nie hoe die NYDA gaan werk skep nie. “Hulle het voorleggings aan die (interministeriële) begrotingskomitee gedoen, waarvan sommige aanvaar is.”

Die NYDA sal na verwagting vanjaar 16 378 werksgeleenthede skep óf bestaande werksgeleenthede “deur middel van entrepreneursprogramme in stand hou”, lui hul strategiese plan volgens die 2011-’12-begrotingsdokument.

Daarvolgens sal die agentskap oor die volgende twee jaar onderskeidelik 18 013 en 19 814 werksgeleenthede skep, vergeleke met die afgelope vier jaar se 14 888, 43 303, 38 304 en 41 002 werksgeleenthede.

Athol Trollip (DA), leier van die opposisie in die Nasionale Vergadering, het gesê sy party is diep bekommerd oor die “heeltemal onbesonne” poging om miljarde rande aan ’n wanbestuurde en ondoeltreffende entiteit te gee.

Die NYDA is deur die ANC-jeugliga “gekaap” en het verlede jaar die meeste van sy strategiese teikens gemis.

Dit is ook kommerwekkend dat behoorlike parlementêre oorsig oor die presidensie nie bestaan nie omdat dit die NYDA verantwoordbaar kon hou.

“Die stewiger begrotingstoedeling is ’n aanduiding dat dit vir dié regering belangriker is om die ANC-jeugliga gelukkig te hou as om werksgeleenthede vir jeugdiges te skep,” het Trollip gesê.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... penelope.jones.144 - Dit is 'n bunker waar hy kan skuil. Hy tref klaar voorsorg. Wat sy geldsake betref is hy baie uitgeslape en die ANC is wel bewus daarvan, maar is bang vir die gemors. SARS moet nou hulle werk begin doen, as dit 'n gewone man op straat was, was hy/sy lankal vasgevat. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.