Volstruisbedryf 'sal nie gou herstel'
2011-07-05 18:54
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse Volstruis-sakekamer het gesê dit gaan 'n ruk neem voor die sektor van die uitbraak van voëlgriep herstel.
Meer as 20 000 volstruise is sedert die eerste gevalle in April in die Klein Karoo aangemeld is, geslag.
Talle voëls op 'n plaas in Heidelberg het verlede week positief getoets vir die virus.
"Dit gaan 'n ruk neem om te herstel, maar in dieselfde asem moet ons ook sê dat die volstruisbedryf gaan verander. Ons moet na strukture in die bedryf kyk. Daar geen meer sekuriteitsmaatreëls en strenger toepassing wees," het Anton Kruger, uitvoerende hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Volstruis-sakekamer, gesê
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter