Voetganger sterf in tref-en-trap
2011-05-15 14:32
Johannesburg – 'n Voetganger is dood nadat hy Saterdag deur 'n taxi getref is in Elias Motsoaledistraat in Braamfischerville, Roodepoort, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het die man in sy 30's langs die pad in die gras teen die muur gevind.
Hy is op die toneel dood.
Daar word geglo dat die taxi hom getref het toe hy langs die pad gestap het, en toe weggejaag het.
Die polisie het die taxi agterna gesit en die bestuurder in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA