Voetganger sterf in KZN-ongeluk
2011-06-17 14:41
Durban – 'n Man is dood en nog een beseer nadat hulle deur 'n voertuig in Hillcrest, Durban, getref is, het ER24 Vrydag gesê.
Die ongeluk het op die hoek van Kassierweg en Ou Hoofweg plaasgevind.
"Met paramedici se aankoms op die toneel het die mans, tussen die ouderdomme van 30 en 40, in die pad gelê. Een van die mans was reeds dood."
Die ander man het kritieke beserings opgedoen en is na die Addington-hospitaal in Durban geneem.
Die vroulike bestuurder van die motor het ligte beserings opgedoen en het self na die hospitaal bestuur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA