Voetganger sterf, 7 beseer in taxi-ongeluk
2011-03-05 17:13
Pietermaritzburg - 'n Voetganger is dood en sewe mense is ernstig beseer Saterdag in Pietermaritzburg toe die bestuurder van 'n minibus-taxi beheer oor sy voertuig verloor het, het paramedici gesê.
ER24-woordvoerder Derrick Banks het gesê die taxi-bestuurder het in Longmarketstraat beheer verloor, teen 'n stilstaande motor gebots en toe teen 'n klomp voetgangers vasgejaag.
"'n Man is dood en ses mans en 'n vrou is met moontlike rug- en nekbeserings na die hospitaal geneem," het Banks gesê.
Daar was geen passasiers in die taxi ten tye van die ongeluk nie en die bestuurder is ongedeerd.
Volg Nuus24 op Twitter.