Voetganger deur vragmotor doodgery
2011-06-28 17:04
Johannesburg – ‘n Voetganger is dood nadat hy Dinsdagoggend deur ‘n vragmotor op die M10 in Lenasia, Johannesburg, getref is, het Netcare 911 gesê.
Die 21-jarige man het die pad oorgesteek toe die vragmotor hom getref het, het Jeff Wicks, woordvoerder, gesê.
“Die vragmotor het hom getref en hom vorentoe geslinger voordat dit oor hom gery het.”
Paramedici het die man op die pad gevind. Hy het ernstige beserings opgedoen en is dood voordat hulle op die toneel aangekom het, het Wicks gesê.
Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie.
Die polisie ondersoek die saak, het Wicks bygevoeg.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA