Voëlgriep tref Suid-Kaapse plaas
2011-07-03 10:27
George – Spesiale opgeleide volstruise moes doodgemaak word nadat hulle positief getoets het vir voëlgriep, het die Sunday Times berig.
Die volstruise het aan die Highgate-volstruisskouplaas behoort. Dié plaas is net buite Oudtshoorn.
Highgate was die eerste volstruisskouplaas in die wêreld, en eers 20 jaar later het die volgende een in die Oudtshoorn-omgewing geopen. Highgate was ook die eerste private toerisme-onderneming in die land.
Arenhold Hooper, eienaar van die plaas sê hy het nie finansiële vergoeding gekry vir die verlies van sy volstruise nie en moes 39 personeellede afdank.
– Volg Nuus24 op Twitter.