Voedselvergiftiging in Strand: Vervaldatums uit 2003
2011-01-10 17:00
Kaapstad – Van die kos waarvan ‘n gemeenskap in die Strand die naweek voedselvergiftiging opgedoen het, het reeds in 2003 verval.
Volgens ‘n woordvoerder vir Kaapstad-rampbestuur, Wilfred Solomons-Johannes, het dit Maandag ook aan die lig gekom dat ‘n drywer, gekontrakteer deur die voedselmaatskappy Simply Value Factory Food om die kos weg te gooi, na bewering besluit het om dit eerder aan die Lwandle-gemeenskap te gee.
Stad Kaapstad het gesê oortreders sal definitief aan die pen ry, maar dat geen klagte tot nog toe gelê is nie.
Volg Nuus24 op Twitter.