Vlugplan: 'Land se naam' op die spel

2012-01-22 08:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Miljoene rande is die afgelope drie maande bestee aan ekstra vliegtuie om amptelike vlugte van pres. Jacob Zuma en adj.pres. Kgalema Mo­tla­n­the te vergesel.

Volgens lt.genl. Carlo Gagiano, lugmaghoof, is daar al “’n paar keer” ekstra vliegtuie saamgestuur as Zuma op “tydskritieke” buitelandse besoeke gaan. Gagiano het aan Rapport gesê dié gebruik is ingestel nadat Motlanthe verlede jaar amper ’n ampsbesoek aan Finland misgeloop het weens probleme met sy vliegtuig.

“Sedert Helsinki moes ons dink aan die implikasies as hulle vlugte mis en nie by plekke kan uitkom nie. Ons plaas ekstra vliegtuie by sekere plekke om seker te maak die president kan met ’n bystandvlug met sy reis voortgaan as daar probleme is,” het hy gesê.

Dié gebruik het die belasting­betaler vroeër vandeesmaand sowat R10 miljoen uit die sak gejaag toe twee vliegtuie gehuur is om mekaar af te los terwyl hulle die presidensiële vliegtuig New York toe vergesel het, sê David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging.

Volgens die Suid-Afrikaanse lugmag het ’n Airbus A340-211 die Inkwazi, Zuma se presidensiële vliegtuig, vergesel tot by Las Palmas, die hoofstad van die Kanariese Eilande.

Intussen is passasiers op ’n kommersiële vlug na Frankfurt, Duitsland, glo afgegooi om plek te maak vir nog bemanning vir die Airbus A340-211 – ingeval Zuma by Las Palmas van vliegtuig sou moes verwissel.

Brig.genl. Martie Visser, lugmagwoordvoerder, het bevestig dat die ekstra Suid-Afrikaanse bemanning via Duitsland na Las Palmas gestuur is.

Die Inkwazi het egter nie probleme gegee nie en het die vlug tot by New York alleen aangedurf. In New York het daar reeds ’n Bombardier Global Express gewag wat die Inkwazi na Suid-Afrika terug vergesel het.

Volgens Gagiano is daar baie op die spel as ’n Suid-Afrikaanse BBP so ’n besoek misloop en is dit ’n klad op die land se naam.

Die owerhede voer ook aan dat hulle geen kans wou waag nie omdat die Inkwazi pas in Switserland versien is. Zuma is vandeesmaand voorsitter van die VN-veiligheidsraad en daar was nie “ruimte” vir probleme nie.

Die Bombardier is deel van die vloot wat deur ExecuJet bestuur word. ’n Hofgeding is aan die gang tussen die lugmag en die maatskappy AdoAir rakende ’n kontrak wat oorspronklik aan AdoAir, maar later aan ExecuJet gegee is. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
24 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... penelope.jones.144 - Dit is 'n bunker waar hy kan skuil. Hy tref klaar voorsorg. Wat sy geldsake betref is hy baie uitgeslape en die ANC is wel bewus daarvan, maar is bang vir die gemors. SARS moet nou hulle werk begin doen, as dit 'n gewone man op straat was, was hy/sy lankal vasgevat. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.