Vloed tref spogbuurt

2009-11-02 06:42
Tweets Share Share line Print

André Damons

Johannesburg - 'n Pa van Sandton het sy tweejarige dogter gegryp en na die boonste verdieping van sy huis gevlug toe ’n vloedgolf deur sy huis gespoel het.

’n Swaar betonblok het Vrydagaand deur ’n glasmuur van die Patricios-gesin se huis in ’n luukse kompleks in Coleraine-rylaan, River Club, geval en kort daarna het die water die huis binnegestroom.

Spero Patricios en sy dogter Arianne het op die rusbank gesit toe die water die voorkamer oorspoel.

“Dit was soos ’n mini-tsoenami en binne minute was die water tot bo my knieë. Ek het Arianne gegryp, die agterdeur oopgemaak en na bo gehardloop,” het Patricios gister gesê.

“Ek het gedink die water gaan net aanhou kom en het nie geweet waar ons katte is nie.”

Hy het een van die katte later in die water gesien swem, maar gelukkig het die dier nie verdrink nie.

Duisende rande se skade is ook by sy bure, Johan en Sarah Jacobs, en ’n derde huis in die kompleks aangerig.

Jacobs en Patricios vermoed die water het by ’n nabygeleë skool se sokkerveld opgedam, waar dit ’n muur omgestoot en toe na hul huise gestroom het en die grensmure voor die vloed gebreek het.

Jacobs was in die kombuis besig om aandete te maak toe die vallende muur ’n glasdeur gebreek het waardeur die water gevloei het.

“Ek het net ’n harde slag gehoor en toe is dit die ene water. Daar was water in kaste, die wasmasjien, twee yskaste en alle ander elektriese toebehore. Die ergste is om die modder uit te kry.”

In ’n stadium was die water tot kniehoogte in die Jacobse se huis.

Donna-Rae Patricios het gesê hulle maak al twee dae lank skoon.

Sy was nie by die huis toe die water daardeur is nie.

Behalwe ou foto’s wat in kaste se laaie was, het hulle geen ander onvervangbare artikels verloor nie.

“Ek gee nie om oor die goed (besittings) wat beskadig is nie, maar is net bly ons lewe,” het mnr. Patricios gesê.

Hoewel al die vertrekke op die grondverdieping oorstroom is, het die Jacobse geen onvervangbare artikels verloor nie.

Jacobs het gesê met al die modder in die huis voel dit asof hulle in ’n dam bly.

“Moeder Natuur het ons net weer gewys wie’s baas. Wat kan ons doen? Die dinge gebeur maar.”

Volgens hom kan hulle nog nie binne begin skoonmaak nie omdat die versekeringsmaatskappy se assessors nog na die skade moet kom kyk.

–Beeld
 

Lees meer oor: natuurrampe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.