Vleisvrye Maandae kom onder skoot

2010-10-31 13:39
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n Oorlog dreig oor vleis.

Dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusentevereniging, het die veldtog Vleisvrye Maandae, ’n projek wat mense aanmoedig om een dag per week nie vleis te eet nie, die stryd aangesê.

Prinsloo het ’n klag teen dié veldtog by die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) ingedien – hy meen dit grens aan wanvoorstelling omdat dit allerlei euwels aan die plaaslike rooivleisbedryf toedig.

Vleisvrye Maandae is ’n veldtog wat deur ’n aantal omgewingsorganisasies gesteun word en mense aanmoedig om elke eerste dag van die week sonder tjops, wors en boudjies klaar te kom.

Volgens Tammy Fry, woordvoerder van die veldtog, het die vleisbedryf ’n enorme uitwerking op die omgewing: Dit verbruik veel meer hulpbronne en veroorsaak veel meer besoedeling as die verbouing van plantgewasse.

Daarbenewens knou Suid-Afrikaners se gewoonte om sewe dae per week vleis te eet hul gesondheid – dit het hoë cholesterol, hartsiektes en diabetes tot gevolg.

Organisasies soos Animal Rights Africa en Beauty With-out Cruelty het al hul steun aan dié veldtog toegesê en die Kaapse stadsraad se gesondheidsdepartement steun dit ook.

Maar Prinsloo, wat die klag teen Vleisvrye Maandae in sy persoonlike hoedanigheid ingedien het, meen vleis is g’n so erg nie.

“Die aanname dat aardverwarming vererger word deur lewendehawe-boerdery is nie geldig in ’n land soos Suid-Afrika, wat as ontwikkelende land beskou word, nie,” skryf hy.

“Ons bevolking is baie meer versprei en ’n groot deel van ons rooivleis word natuurlik geproduseer.”

“Die veebedryf is die grootste werkverskaffer in landbou en baie mense se inkomste word deur die veldtog in die gedrang gebring.”

Volgens Prinsloo is dit onwaar dat rooivleis noodwendig sleg is vir mens se gesondheid.

Maar Fry, wat ook bemarkingshoof van die Fry-voedselgroep is, staan by haar veldtog.

“Prinsloo het geen saak nie,” sê sy. “As jy vir mense sê om minder vleis te eet, sal jy altyd teenstand kry, maar die feite is aan ons kant.”

Volgens haar word daar jaarliks 56 miljard diere wêreldwyd geslag om geëet te word. “Daar is geen manier dat al dié diere op ’n verantwoordelike wyse aangehou kan word nie.

“Om diere winsgewend te bemark moet hulle vol antibiotika gespuit word en reuse-hoeveelhede water en voer moet verbruik word.

“Verbruikers word altyd prent­jies van gelukkige plaasdiere gewys, maar dit is beslis nie hoe die diere op ons vleis­plase deesdae lyk nie.

“Navorsing wys as jy een dag per week nie vleis eet nie, het dit ’n positiewer uitwerking op die omgewing as om na ’n hibridiese motor oor te skakel.”

Op Vleisvrye Maandag se webblad word beweer as Suid-Afrikaners 15% minder vleis verbruik, sal die water wat daardeur by slagpale gespaar word 104 000 huishoudings van drink­water kan voorsien.

Sowat 250 liter water word glo gebruik om 1 kg graan te verbou, terwyl 25 000 liter gebruik word om 1?kg vleis te produseer.

- Rapport

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: veldtog  |  vleisvrye maandae  |  vleis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.