Vleisman in hof oor R10 m.

2011-02-16 07:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Die bekende Vrystaatse vleisgroothandelaar Brett Beeston (41) van Bloemfontein is Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof op borgtog van R15 000 uitgelaat nadat hy op 23 aanklagte verskyn het, waarby gesamentlik sowat R10 miljoen betrokke is.

Sy verhoor voor landdros O. Majozi is tot 9 Maart uitgestel, wanneer nog ’n beskuldigde vir die verhoor gevoeg sal word.

Altesaam 19 van die aanklagte teen hom is dat hy na bewering van laat in 2000 tot September 2003 BTW-bedrog gepleeg het deur nie al die geld in transaksies van sy trusts, die Beestons Wholesale Meat-trust en die BWM-trust, aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verklaar het nie.

Daardeur het hy na bewering meer as R7 miljoen te min aan BTW betaal. Van die alternatiewe aanklagte teen hom is diefstal.

Hy word ook aangekla dat hy na bewering in die belastingjare 2004, 2005 en 2006 nie belastingopgawes en die nodige voorgeskrewe dokumente ingedien het nie. Die potensiële skade vir die Ontvanger as gevolg daarvan is R2,3 miljoen.

Johan Kramer van Kramer Weimann en Joubert-prokureurs het namens Beeston betoog al die geld waarop in ’n skikking tussen Beeston en sy likwidateurs ooreengekom is, is betaal.

Aanvanklik sou hy ook nie strafregtelik aangekla word nie.

Luidens ’n verklaring van Beeston, wat Kramer in die hof voorgelees het, werk hy nou by die Veritas-besigheidstrust en verdien hy R42 000 per maand. Hy is onskuldig en gaan in sy verhoor skuld ontken.

Hy verkies om nou sy swygreg te gebruik. Die ondersoek teen hom is al sewe jaar aan die gang.

Hy het geen begeerte om van die polisie te vlug en sy verhoor te ontduik nie. Hy onderneem ook om nie met getuies in te meng nie.

Al sy familie woon in Bloemfontein en hy het noue bande met hulle.

Adv. Wellington Sampisi het namens die staat nie Beeston se borgtogaansoek teengestaan nie. Beeston is ’n welbekende in Bloemfontein en is nie ’n vlugrisiko nie.

Sy woonplek en werkplek is bevestig. Die ondersoek teen hom is voltooi en hy sal nie met die getuies inmeng nie. Hy word regstreeks en as trustee van sy trusts met die aanklagte teen hom verbind.

Sampisi het gesê nie al die geld wat Beeston aan die SAID verskuldig is, is betaal nie.

Daar was ook nooit ’n ooreenkoms met die vervolgingsgesag dat hy nie strafregtelik vervolg sou word nie.

Charmaine Vorster van die strafregtelike ondersoekeenheid van die SAID in Bloemfontein het die ondersoek namens die SAID gedoen. Kapt. Herman Geyer van die Valke is die ondersoekbeampte.

Sonja Beeston het Dinsdag aan Volksblad gesê ’n ooreenkoms met die SAID en die likwidateurs van haar man se boedel, dat geen strafregtelike klagte teen hom ingedien sou word nie, is verbreek.

Sy was stomgeslaan toe sy in Desember gehoor het dat hy wel strafregtelik vervolg gaan word.

Daar was dan ’n skikking waarvolgens geen verdere stappe sou volg nie, sê sy.

- Volksblad

Lees meer oor: diefstal  |  bedrog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.