Vlaeberg-brand laat bestryders skarrel

2010-12-07 06:22
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die eerste groot veldbrand van die seisoen gister teen die hange van Vlaeberg het brandbestryders laat bontstaan terwyl die wind om hulle getier het.

Die brand het om 13:13 uitgebreek en teen die hange bokant Seepunt gewoed.

Altesaam 40 brandbestryders en twee helikopters is ingespan om die brand, wat ’n gebied van 500m by 100m verwoes het, te blus, het Theo Lyne, woordvoerder van die brand-en- reddingsdienste, gesê.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die vlamme is teen 15:30 geblus. Niemand is beseer nie en geen eiendom was in gevaar nie.

Lyne het gesê die gebied sal deur die nag gemonitor word ingeval die berg weer vlamvat. “Daar was ’n sterk wind toe ons probeer het om die brand te blus, maar dit het later gaan lê.”

Daar was gister altesaam 60 veldbrande in die Kaapse metropool.

“Dit is ’n redelike hoë getal vir een dag. Die gemiddelde getal brande vir ’n dag soos vandag (gister) is tussen 40 en 60.”

Die eerste brand is gisteroggend omstreeks 09:00 by die Manrisa-vakansieoord naby Mamre aangemeld. Teen laat gisteraand was brandbestryders nog op die toneel nadat ’n veldbrand omstreeks 14:30 uitgebreek het. Dit is teen 19:30 geblus. Niemand is beseer nie en geen eiendom is beskadig nie.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat toestande wat gunstig is vir die ontstaan en verspreiding van veldbrande vandag in die Kaapse metropool, die Breederiviervallei en die Wynland sal heers.

’n Maksimum temperatuur van 30°C word vir vandag in Kaapstad voorspel, met ’n suidoostewind van 35km/h.

Selfs hoër temperature word in die Boland en aan die Weskus voorspel.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: veldbrande  |  brandweer

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.