Viva Suid-Afrika!

2010-07-12 07:12
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Suid-Afrika het Sondag om 23:00 ongetwyfeld die skouspelagtigste sportoomblik in sy geskiedenis beleef toe Spanje die Wêreldbeker-sokkertoernooi hier op die reënboognasie se bodem met 1-0 in bykomende tyd verower het.

Die kaptein van Spanje, Iker Casillas, het die trofee daarna welverdiend met trots in Soccer City omhoog gehou. Die wedstryd is eers in die laaste minute in bykomende tyd beslis toe Andres Iniesta, nommer ses, ’n doel ingekry het.

Daar was vroeër die aand ’n emosionele oomblik toe oudpres. Nelson Mandela net ná die afsluitingsplegtigheid sy verskyning op die sokkerveld gemaak het.

Daar was ’n oorverdowende applous en geblaas op vuvuzelas wat sekerlik tot in elke uithoek van Gauteng gehoor kon word, en daarna ’n gewyde oomblik van stilte toe die 91-jarige ikon vereer is.

Mandela het ’n lae profiel gehandhaaf tydens die maand lange toernooi, en nie die opening op 11 Junie bygewoon nie omdat sy agterkleindogter kort voor die eerste wedstryd oorlede is.

Meer as 700 miljoen mense het wêreldwyd die Madiba-towerkrag en naelbyt-sokkerskouspel op televisie beleef.

Spanje het Sondagaand sy hart uitgespeel in ’n naelbyt-kragmeting om as die kampioen van die wêreld gekroon te word. Dit was die laaste van 64 WB-wedstryde wat die afgelope maand in Suid-Afrika gespeel is en 84 490 toeskouers het die wedstryd bygewoon.

Hoogdrama het enkele sekondes voordat die twee spanne op die veld moes uitdraf, plaasgevind toe ’n toeskouer op die veld gehardloop het om die goue trofee aan te raak. Hy is eers deur veiligheidslede platgetrek toe hy reeds langs die trofee was.

Die goue trofee wat miljoene rande werd is, is net voor die wedstryd deur die wenners van 2006 se WB, Italië, se kaptein, Fabio Cannavaro, op die veld uitgedra.

Die indringer op die veld is blitsvinnig verwyder en die oomblik het sterk herinner aan ’n soortgelyke voorval Woensdagaand in Durban se Moses Mabhida-stadion toe Duitsland en Spanje in die halfeindronde gespeel het.

Net ná die voorval het pres. Jacob Zuma en die Fifa-president, Sepp Blatter, op die veld gestap om die spanne te ontmoet. Dat Blatter miskien nie die gewildste persoon in Suid-Afrika is nie, het duidelik geword toe hy deur sommige toeskouers uitgejou is.

Onder die eregaste was adj.pres. Kgalema Motlanthe en Jacques Rogge, president van die Internasionale Olimpiese Komitee.

Die supermodel Naomi Campbell, die Spaanse tennispeler Rafael Nadal, die akteur Morgan Freeman en die tenoor Placido Domingo het ook die wedstryd bygewoon.

Spanje se pad tot die eindstryd het so gelyk: In sy groepwedstryde het hy teen Switserland (die enigste wedstryd wat hy verloor het), Honduras en Chili gespeel. Daarna het hy in die ronde van die laaste 16 spanne Portugal, daarna Paraguay en toe in die halfeindwedstryd vir Duitsland geklop.

Lof behoort nou in te stroom oor die wyse waarop Suid-Afrika gasheer vir die sokkerskouspel gespeel het.

Van die doemprofete se vrese oor veiligheid, vervoer, infrastruktuur en te min geesdrif in die land, het daar nie veel gekom nie en dr. Danny Jordaan en sy plaaslike reëlingskomitee kan nou rus ná ses jaar se onophoudelike harde werk.

Blatter sal Maandag sy volle kommentaar oor die WB lewer, maar hy behoort slegs lof vir die gasheerland te hê.

Zuma het in ’n verklaring gesê WB 2010 het sy verwagtinge oortref.

“Suid-Afrikaners is die ware kampioene van die toernooi. Ons wil dankie sê vir Suid-Afrikaners se passie wat die toernooi aan die lewe gehou het en dat julle jul harte vir die wêreld oopgemaak het,” het Zuma gesê.

Die gordyn het ’n paar minute voor middernag vir Suid-Afrika se WB-toernooi gesak toe die finale afsluitinggeleentheid gehou is en confetti uit die dak uit op die wenspan gestroom het. En nou het die aftel begin na die WB-sokkertoernooi in 2014 in Brasilië.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: 2010

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.