Visum vir Dalai ‘onwaarskynlik’

2011-10-02 08:49
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Openbare verset laai op teen die regering se klaarblyklike besluit om nie die Dalai ­Lama toe te laat om sy vriend emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 80ste verjaardagviering by te woon nie.

Burgerlike organisasies soos die Nndifuna Ukwazi-menseregtegroep en die Treatment Action Campaign gaan Maandag ’n protesvergadering buite die parlementsgebou in Kaapstad hou.

Hulle wil ’n petisie aan die regering oorhandig waarop hulle aandring op ’n visum vir die uitgeweke geestelike leier van Tibet.

Die veldtog word gedryf deur agt burgerlike organisasies, asook Suid-Afrikaanse geestelike leiers.

Tutu self het die afgelope week die regering se klaarblyklike weiering om die visum uit te reik met die paswetgewing van die apartheidsera vergelyk.

Maar dit kan alles te laat wees.

Tutu se verjaarsdagviering is eerskomende Vrydag.

Die regering weier om te bevestig of te ontken dat hy geswig het voor Chinese druk om nie aan die Dalai Lama ’n visum te gee nie. Maar dit is wyd bekend dat China volhard met sy jare lange ekonomiese en politieke druk op bondgenootlande – waarvan Suid-Afrika een is – om die Dalai Lama te isoleer.

Die regering sloer al drie maande met die Dalai Lama se visum-aansoek. So ’n aansoek neem gewoonlik net sowat vyf dae om te verwerk.

Tenzin Taklha, die Dalai ­Lama se woordvoerder, het eergister uit Himachal Pradesh in Noord-Indië gesê dit is dalk reeds te laat om die Dalai Lama se reisreëlings te tref, al word die visum môre toegeken.

Intussen het ’n senior regeringsamptenaar egter aan Rapport se susterkoerant City Press gesê dit is “onwaarskynlik” dat die Dalai Lama ’n visum sal kry.

Die omstredenheid rondom die Dalai Lama het die afgelope week toegeneem terwyl adj.pres. Kgalema Motlanthe op ’n staatsbesoek aan China was.

Clayson Monyela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het bevestig daar is nog geen vordering met die aansoek nie.

Thabo Masebe, Motlanthe se woordvoerder, sê die kwessie is nie op die agenda tydens sy Chinese besoek nie. Hy sê Motlanthe gaan nie kommentaar lewer nie.

Taklha sê die Dalai Lama was verbaas deur ’n “gesamentlike protesverklaring” wat die afgelope week deur die Desmond Tutu-stigting uitgestuur is.

“Ons kantoor het niks gesê nie. Dit is nie met ons bespreek nie.

“In hierdie stadium kan ons nie ons gevoelens oor die Suid-Afrikaanse regering uitspreek nie; ons moet eers weet wat die regering besluit.”

Taklha sê uitnodigings van Suid-Afrika stroom steeds in, onder meer om studente in Johannesburg en Stellenbosch toe te spreek.

“Hy is ook gevra om Durban toe te gaan waar hy met die Mahatma Gandhi-toekenning vereer gaan word.”

Tutu en die Dalai Lama is mede-wenners van die Nobel-vredesprys.

Die Dalai Lama het Suid-Afrika nog net een keer besoek. Dit was tydens die bewind van nóg ’n Nobel-pryswenner, oudpres. Nelson Mandela.

Ander bekendes wat na Tutu se makietie genooi is, is onder meer: die rock-legendes Bono, Carlos Santana en Bob Geldof; Kofi Annan, voormalige sekretaris van die Verenigde Nasies; oudpres. Jimmy Carter van die VSA; me. Graça Machel; en die sakeman Richard Branson. 

- Rapport

Lees meer oor: dalai lama

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.