Vissersboot brand in Kaapse hawe
2011-12-03 13:03
Kaapstad – Volgens die rampbestuur-eenheid van die Stad Kaapstad het 'n brand op 'n Chinese vissersboot, wat tans in die hawe geanker lê, uitgebreek.
Theo Layne, woordvoerder vir die Kaapse brandweer, het gesê die brand het Vrydagaand net na middernag uitgebreek.
"Daar is tans van die boot se brandstof wat besig is om te brand."
Layne het gesê brandbestryders sukkel om die vlamme, wat deur die sterk wind aangehelp word, te blus.
'n Man is vir rookinaseming op die toneel behandel maar het nie verdere mediese hulp benodig nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA