Visserman sterf ná hefboom hom tref
2010-07-02 11:57
Johannesburg – Die visserman wat vroeër met behulp van ‘n helikopter vanaf ‘n kreeftreiler gered is het gesterf, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
‘n Reddingspoging is vroeg Vrydagoggend van stapel gestuur om die kritiek beseerde visserman vanaf ‘n kreeftreiler in die Oos-Kaap te red.
Volgens Craig Lambinon, woorvoerder van die NSRI, is die visserman en een van sy kollegas beseer nadat ‘n hefboom op die boot ineengestort het.
Die visserman het kopbeserings opgedoen.
Die ander bemanningslid is in ‘n stabiele toestand en is na Humansdorp geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA