Visser vra hulp van Dirk se ‘seksslaaf’

2010-02-08 08:06
Tweets Share Share line Print

Cézanne Visser vroeër buite die hooggeregshof in Pretoria waar getuienis ter versagting van haar vonnis weens onder meer die onsedelike aanranding van kinders, van vandag af aangehoor sal word (Liza van Deventer, Beeld).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Cézanne Visser wil ’n eedsverklaring van die bankrower Dirk Prinsloo se voormalige “seksslaaf” in Belo-Rusland by die hooggeregshof in Pretoria indien om as versagtende omstandighede in haar guns oorweeg te word.

Adv. Johann Engelbrecht SC, regsverteenwoordiger van Visser, het Sondag aan Beeld bevestig dat hy reeds die versoek in ’n e-pos aan Anastasia, Prinsloo se 23-jarige voormalige minnares, gerig het.

“Ek het haar gevra of sy bereid sal wees om ’n beëdigde verklaring af te lê.

“Ek wil aansoek doen om die verklaring as bewysstuk in die hof in te dien. Ek wag om van haar te hoor,” het Engelbrecht gister gesê.

Volgens hom staaf Anastasia se verhaal Visser se getuienis in verskeie opsigte.

Anastasia het verlede week met Beeld gepraat op voorwaarde dat haar naam nie gepubliseer word nie.

Sy verwys na hul verhouding as “hel” en beskryf Prinsloo as ’n “monster wat in ’n hok toegesluit moet word”.

Prinsloo is verlede week vir 13 jaar in Belo-Rusland tronk toe gestuur nadat hy probeer het om ’n bank met ’n speelgoedpistool te beroof.

“Anastasia se verhaal kan nie weggeredeneer word nie. Dit wys hoe Prinsloo vroue manipuleer en watter mag hy oor hulle uit­oefen, ook in Belo-Rusland nadat hy midde-in sy verhoor in Suid-Afrika landuit gevlug het,” het Engelbrecht gesê.

Hy begin vandag om getuienis ter versagting van Visser se omstandighede in die hooggeregshof in Pretoria te lei nadat sy vroeër skuldig bevind is weens onder meer onsedelike aanranding van kinders.

Volgens Engelbrecht sal hy drie deskundiges roep om vir Visser te getuig en hoop hy dat die saak teen die einde van die week afgehandel kan word.

“Dit gaan goed met Visser in die omstandighede. Sy is gespanne oor die hofverrigtings wat voorlê en wil die saak so gou moontlik agter die rug kry,” het Engelbrecht gesê.

- Beeld
 

Lees meer oor: hofsake  |  dirk prinsloo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Wessel come to think of it, ek hoop daai baba kry darem so ietsie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 145,995.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2011
R 151,620.00

CHEVROLET

SONIC 1.4 LS 5DR
2012
R 156,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.