Visser se vonnis ‘getemper met genade’

2010-02-25 06:35
Tweets Share Share line Print

Jeanne-Marié Versluis

Pretoria - Cézanne Visser het haar kuisheid en opvoeding weggegooi en losbandigheid aangegryp.

Die maalkolk van ydellike geluk het haar ingesluk en in die web van onsedelikheid het sy ander meisies betrek en hulle erg getraumatiseer.

Só het waarnemende regter Chris Eksteen gister hier in die Noord-Gautengse hooggeregshof gesê toe hy Visser sewe jaar tronkstraf opgelê het op 11 aanklagte.

Hy het gesê dit kan met veiligheid aanvaar word sy sal nie dié misdade herhaal nie, veral omdat Dirk Prinsloo (haar gewese minnaar wat nou in Belarus in die tronk sit) nie meer deel van haar lewe is nie.

Visser kom uit ’n ouerhuis waar haar belange as jong meisie deur haar ouers hoog geag is, het Eksteen gesê.

Sy het haar bekwaam as advokaat en in ’n “grootmoedige stap” haarself van die rol van advokate laat verwyder.

Eksteen het verwys na dr. Eon Sonnekus, ’n forensiese kriminoloog, se getuienis namens Visser dat sy ’n verswakte wil en emosionele wanbalans gehad het toe sy Prinsloo ontmoet het en meer vatbaar was vir navolging van ’n voorbeeld.

Eksteen het gesê hy kan egter nie uit die oog verloor wat Visser gesê het nie: dat sy die eerste keer iemand gekry het wat haar ondersteun en haar toelaat om ’n keuse te maak.

Eksteen het gesê daar is geen getuienis dat ander vroue by wie Prinsloo betrokke was misdaad gepleeg het weens Prinsloo se mishandeling van hulle nie.

Visser se slagoffers wat in die kinderhuis was, het reeds ’n agterstand gehad en was onbevoorreg omdat hulle nie ouerhuise het nie. Kinderhuise waardeer enige hulp van die publiek.

Visser het duidelik besef kinderhuise sal nie ligtelik instem dat kinders uitgeneem word nie, tensy deur getroude paartjies.

Visser, wat op ’n aanklag van bedrog skuldig bevind is, het haar as Prinsloo se vrou aan die kinderhuise voorgestel.

Daar was “deeglike, berekende beplanning” vir Visser se kontak met die Bramley-kinderhuis en sy het sukses met die bedrog gehad.

Visser het “alle aanvoorwerk” om drie minderjarige meisies te verkry in Prinsloo se afwesigheid gedoen.

“U het die inisiatief geneem om hulle te identifiseer en te kry vir die naweek. Al drie is verkry vir eie gewin.”

Die meisies is “deur u en Prinsloo uitgebuit”.

Al drie meisies het kort ná hul aankoms by die Prinsloo-huis kontak gehad met pornografiese video’s en tydskrifte, Visser en Prinsloo se naakte lywe aanskou, gesien hoe Visser vir Prinsloo orale seks gee en hoe dié twee seks het.

Visser het geweet die meisies word verdowingsmiddels ingegee vir seksdade.

Visser het Prinsloo se leefstyl aangeneem en selfs ná hul inhegtenisneming het sy haar nie van hom gedistansieer nie, het Eksteen gesê.

Hy het haar vonnis ook getemper met ’n “groot mate van genade”, het Eksteen gesê.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: cezanne visser

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Baas sê... Kyk, dis dalk nie na almal se smaak nie, maar Lolly het rerig n empire uit niks gebou nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operational Risk Analyst

Johannesburg, South Africa
Communicate Bruma Finance Human Capital
Market Related

Portfolio Manager

Bloemfontein, South Africa
Hutech International Group
Market Related

Technical manager(actuarial)

Johannesburg, South Africa
Communicate Bruma Finance Human Capital
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.