Visagie verruil AWB vir sy eie Geloftevolk

2010-06-10 08:42
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Bloemfontein. – Op die AWB se eerste nasionale konferensie ná die dood van Eugène Terre’Blanche is dié organisasie geruk deur die bedanking van sy sekretaris-generaal.

André Visagie, wat ná Terre’Blanche se dood die aanstelling van die nuwe leier betwis het, is vort. Hy bring nou ’n nuwe regse organisasie, genaamd Geloftevolk Republikeine, op die been.

Volgens hom loop heelwat AWB-lede hierheen oor.

Steyn van Ronge, AWB-leier, het Die Burger gister in ’n onderhoud oor Visagie se bedanking ingelig.

Visagie het verlede Saterdag op die AWB se nasionale konferensie op Paardekraal bedank.

“Dit was ’n algehele verrassing, maar die generale staf het dit aanvaar,” het Van Ronge gesê.

Visagie het hom in ’n persoonlike brief van sy redes verwittig, maar hieroor wou Van Ronge nie meer sê nie.

Visagie, van Kimberley, het bevestig dat hy as die AWB se sekretaris-generaal en ook uit die organisasie bedank het.

“Die hoofrede is dat die AWB se tempo onaanvaarbaar is. Dit beweeg te stadig. Ek doen eerder my eie ding in groepsverband elders.”

Hy het gesê ’n stigtingsvergadering vir Geloftevolk Republikeine word vanaand in Brakpan gehou.

Volgens Visagie is voormalige AWB’s wat dié organisasie “vinniger” wou sien beweeg van die nuwe organisasie se lede. Daar is ook ander van buite die AWB.

“Verteenwoordigers van sowat 40 dorpe in 14 streke, insluitend Kaapland, Vrystaat en Transvaal, woon die vergadering by.”

’n Demokratiese leiersverkiesing vind later plaas. Intussen tree hy as tussentydse leier op, terwyl tussentydse streekleiers ook aangewys is.

’n Formele stigtingsvergadering behoort in die volgende drie weke plaas te vind.

Visagie was ná Terre’Blanche se dood betrokke in die “Don’t touch me on my studio”-onderonsie tydens ’n regstreekse televisie-onderhoud in e.tv se ateljee. Hy het daarna uitgestorm.

Sy pleidooi in daardie tyd was vir wraak. Hy is hieroor deur Van Ronge gerepudieer.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: eugene terr'blanche  |  awb

Lewer kommentaar op hierdie artikel
45 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.