Vigsmiddels se prys 53% laer

2010-12-15 10:08
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Pretoria – Die minister van gesondheid het Dinsdag in Pretoria ’n drastiese afname van 53,1% in die pryse van antiretrovirale middels (ARM’s) aangekondig.

Dié prysverlaging, wat ’n besparing van sowat R4,7 miljard verteenwoordig, is die gevolg van ’n nuwe ARM-tender van R4,3 miljard oor ’n tweejaar-tydperk, wat deur die departement van gesondheid aan tien farmaseutiese maatskappye toegeken is.

“Dit is my voorreg om aan te kondig ons sal nou twee keer soveel mense met ARM’s kan behandel as in die verlede – met dieselfde bedrag geld,” het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gesê.

Hy het gesê Suid-Afrika, wat die wêreld se grootste ARM-program het, het tot dusver baie duurder as ander lande vir antiretrovirale middels betaal.

“Dit het nie vir ons sin gemaak nie en ons het besef ons sal iets moet doen,” het Motsoaledi gesê.

Hy het gesê die verlaagde pryse in die nuwe tender is bekom van dieselfde verskaffers wat vir die huidige tender gekontrakteer is.

“Die drastiese verlagings by dieselfde verskaffers is die gevolg van ’n uiters deeglike tenderproses wat gevolg is,” het Motsoaledi gesê.

Met dié tenderproses is alle potensiale verskaffers, insluitend internasionale verskaffers, gevra om deel te neem om sodoende kompetisie aan te moedig, en ’n pryslys ter verwysing na internasionale handelspryse is ook gepubliseer.

Van die verskaffers is volgens Motsoaledi ook vereis om ’n deeglike uiteensetting te verskaf van hul koste-komponente.

Motsoaledi het gesê met die vorige tenderproses was die departement “dalk ’n bietjie aan die slaap” en dat die verskaffers waarskynlik groot winste uit ARM’s gemaak het.

“Hoe dit ook al sy, ons het wakker geskrik en die probleem is nou opgelos,” het hy gesê.

Motsoaledi het voorts farmaseutiese maatskappye gemaan om nie “superwinste” uit die verkoop van ARM’s of ander medisyne te probeer maak nie.

“Farmaseutiese maatskappye maak meer wins as die minerale- en olie-bedryf,” het hy gesê.

“Hulle is egter in ’n baie sensitiewe sektor waar hulle met weerlose mense werk en hulle moenie die situasie uitbuit om meer geld in hul sakke te druk nie.”

Die drie verskaffers wat die grootste gedeeltes van die tender gekry het, is Pharmacare (40,6%), Sonke (21,9%) en Medpro (10,1%).

Motsoaledi het gesê die departement van gesondheid hoop om dieselfde tenderproses te volg om sodoende ook geld te kan spaar by die aankoop van entstowwe en middels vir die behandeling van tuberkulose en siektes wat verband hou met die gesondheid van swanger vroue en kinders.

- Volksblad

Lees meer oor: miv/vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.