Vigsdeurbraak vir SA navorsers

2010-07-21 06:58
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Durban - Suid-Afrikaanse vigsnavorsers is staande toegejuig toe ’n deurbraak Dinsdag bekend gemaak is met ’n jel wat MIV-oordrag onder vroue kan halveer.

Na raming kan dié jel binne drie jaar keer dat 2,5 miljoen vroue in 73 arm lande met MIV besmet word.

In die 29 jaar van die MIV/vigs-epidemie is hierdie die eerste middel spesifiek vir vroue wat die oordrag van die virus kan keer.

Elf anti-mikrobiese middels is al getoets vir dié doel, maar hierdie jel is die eerste wat slaag.

“In die loopbaan van ’n wetenskaplike word só ’n deurbraak net een keer in ’n leeftyd gemaak,” het dr. Koleka Mlisana van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) gesê.

Die jel bevat 1% tenofovir, ’n antiretrovirale middel wat dikwels in kombinasie met ander soortgelyke medisyne toegedien word om vigs te behandel.

Die jel word met ’n buis binne 12 uur vóór en 12 uur ná seks toegedien.

Die meeste van die mans met wie die vroue in die studie seks gehad het, kon geen verskil voel nie.

Tenofovir word deur die vel opgeneem.

Altesaam 889 vroue van ’n plattelandse gemeenskap en van Durban het aan die drie jaar lange studie deelgeneem.

Dit het getoon dat die jel 39% effektief was om MIV-oordrag te voorkom en 51% om te keer dat die vroue genitale herpes (HSV-2) opdoen.

Uit die 98 vroue wat tydens die studie met die MI-virus besmet is, was 38 uit die groep wat die tenofovir-jel gebruik het en 60 uit die kontrolegroep.

Indien die tenofovir-jel vir langer as ’n jaar gebruik word en minstens 80% van die kere dat die vroue seks het, word die doeltreffendheid van die middel tot 54% verbeter.

Veral weens trekarbeid en jong vroue se onvermoë om veilige seks met hul bedmaats te beding, is vroue in Afrika suid van die Sahara die kwesbaarste groep om met dié dodelike virus besmet te word.

Prof. Salim Abdool Karim en sy vrou, Quarraisha, wat aan die hoof van die projek gestaan het, is Dinsdag by die Wêreld-vigskonferensie in Wene, Oostenryk, staande toegejuig toe die deurbraak bekend gemaak is.

Die bevindings van hierdie studie kan moontlik binne twee tot drie jaar onafhanklik bevestig word.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: miv/vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ashley sê... Reon die probleem met die treine is, hulle tref in die meeste gevalle een een. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline
2003
R 69,995.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2006
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.