Vigs kán en sál oorwin word, sê Zille

2010-12-02 09:22
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - “Vigs is ’n siekte wat oorwin kan word. Ons móét dit oorwin en ons sál dit oorwin.”

Dít was Donderdag op Wêreldvigsdag Helen Zille, DA-leier en premier van die Wes-Kaap, se boodskap aan die inwoners van Khayelitsha.

“Dit is belangrik vir die gesondheid van al ons mense (dat vigs oorwin word). Kinders moet met ouers grootword, nie as wesies nie.

“Dit is ook belangrik vir Suid-Afrika, want ons is ’n ontwikkelende land en het nie geld om te bestee aan goed wat ons kan voorkom nie. Ons het baie geld wat ons aan ontwikkeling moet bestee, maar as ons iets kan voorkom, moet ons dit net doen.”

Zille het haar by dié geleentheid vir die virus laat toets.

Priya Reddy, haar woordvoerder, het later aangedui dat Zille nie haar status bekend gaan maak nie.

“Sy wou net hê mense moet besef hoe belangrik dit is om hul status te weet sodat die virus nie verder versprei nie.”

Die premier het die belangrikheid van vennootskappe in die stryd teen vigs beklemtoon.

Volgens haar het almal ’n verantwoordelikheid om die verspreiding van die siekte te voorkom. “Die regering moet klinieke beskikbaar stel, asook kon- dome, medikasie en gratis toetse, maar die regering kan nie op sy eie die verspreiding van MIV stop nie. Dit moet ’n vennootskap met die gemeenskap wees.”

Raadslid James Vos, voorsitter van die Kaapse stadsraad se gesondheidskomitee, het gesê die raad het ’n greep gekry op die virus in Khayelitsha.

Die stadsraad het sy teiken van 12% vir die boekjaar vir 2009-’10 vir MIV-toetse op mense ouer as 15 jaar met 2% oortref.

’n Totaal van 324326 toetse is gedoen.

“Alle gesondheidgeriewe van die stadsraad in Khayelitsha verskaf MIV-sorg. Meer as 17000 mense in Khayelitsha alleen kry tans antiretrovirale behandeling.

“Gedurende die eerste drie maande van die jaar is 583 babas gebore wie se ma’s MIV-positief was en behandeling ontvang. Agttien, of 3,1%, van die babas was met die virus besmet. Hulle is onmiddellik op behandeling geplaas.”

Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: helen zille  |  vigsdag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... 'n Lekker ministriële pos wag vir hom, met 'n portefeulje soos Gronverkryging/aanskaffing of so iets! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX MY04
2007
R 195,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 172,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.