Vigs-advertensie uit SA met gesogte prys vereer

2010-08-01 16:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Van ’n lewende geraamte tot springlewendig in net drie maande.

Selinah Phungwayo, ’n MIV/vigslyer van Mpumalanga, is steeds terminaal siek aan dié virus.

Maar TV-kykers wêreldwyd kon in hul sitkamers beleef hoe Phungwayo se gesondheid en lewensgehalte dramaties verbeter danksy antiretrovirale middels (ARM).

En nou is die aangrypende TV-advertensie waarvan Phungwayo die ster is met goud vereer op die onlangse Cannes Lion-bemarkingsfees in Frankryk. Dit is die eerste keer in 11 jaar dat ’n Suid-Afrikaanse bemarkingsveldtog die gesogte eerste plek behaal.

Maar die ware wenner is Phungwayo.

Sy was net sowat drie weke weg van die dood toe sy haar eerste dosis vigsmedikasie geneem het. Dié oomblik is op video verewig deur die Johannesburgse bemarkingsmaatskappy Ogilvy en die produksiemaatskappy Egg.

Dit was die eerste toneel van die produksie wat oor ’n tydperk van drie maande geskiet is en wat dokumenteer hoe Phungwayo bykans daagliks sterker en gesonder word danksy die medikasie.

Die advertensie is vervaardig in opdrag van die Topsy-stigting, ’n nie-regeringsorganisasie wat hulle beywer om MIV/vigslyers te help.

“Die uitwerking van vigs kán omgekeer word met ARM,” vertel Silvia de Jager, uitvoerende hoof van Topsy.

“Phungwayo bewys dit in die advertensie en dit vertel ook die verhaal van duisende ander mense op ARM.”

Hoewel ARM nie vigs genees nie, kan dit gebruikers daarvan se lewensgehalte drasties verbeter.

De Jager sê danksy die bewusmakingsveldtog is Topsy oorval met geldskenkers en mense wat hulle vir MIV/vigs wil laat toets.

“Phungwayo is een van ons grootste ambassadeurs.”

Die advertensie is vroeër vanjaar twee maande lank op verskeie DStv-kanale en in Nu Metro-teaters vertoon.

Op YouTube het die advertensie bykans 30 000 trefslae gelok. Phungwayo se verhaal was ook ’n sensasie by verlede week se internasionale vigskonferensie in Wene, Oostenryk, waar 25 000 mense die advertensie gesien het.

Topsy hoop die advertensie sal help om die stigma rondom vigs te verwyder, bewusmaking oor die voordele van ARM bevorder en verhinder dat mense hulle uit onkunde tot kwaksalwers wend.
 

- Rapport

Lees meer oor: miv/vigs

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Mkuze11 sê... ek glo nie zuma weet of dit dinsdag of dingaans dag is nie. onder sy leiding is suid afrika dieper die afgrond in. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2004
R 139,995.00

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 64,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2005
R 185,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.