Vigs: Mbeki moet jammer sê

2009-12-01 06:29
Tweets Share Share line Print

Cobus Coetzee

Johannesburg - Oudpres. Thabo Mbeki moet jammer sê oor sy hantering van die MIV/vigs-pandemie.

So het  Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, Maandag op die vooraand van Wêreldvigsdag in Johannesburg geëis.

Vavi se uitsprake volg op die Young Communist League (YCL) se beroep om Mbeki weens volksmoord aan te kla omdat die YCL meen sy regering het versuim om die pandemie te stuit.

“Eintlik het 350 000 mense in daardie (Mbeki se) periode gesterf. Die Ellispark-stadion kan ses keer (met die sterftes) gevul word. Dit was die skaal van sy ontkenning en gebrek aan optrede deur die regering,” het Vavi gesê.

Volgens hom het Cosatu in 2006 en 2007 op leiersvlak oorweeg om Mbeki in die hof van “volksmoord” aan te kla, maar sedertdien daarteen besluit.

“Ons dink nie ons moet daardie haas jaag nie,” het Vavi gesê.

“Ons is nie geïnteresseerd in ’n Nuerenberg-verhoor nie.”

Hy meen Mbeki se hantering van die MIV/vigs-pandemie is ’n “baie ongelukkige bladsy” in die land se geskiedenis en “dié bladsy behoort tot die verlede”.

Cosatu glo Mbeki behoort “die eerbare ding te doen”, te erken hy was verkeerd en om verskoning te vra.

“Veral vir die lyding van die mense wat in daardie tydperk dood is,” het Vavi gesê.

Mnr. Mukoni Ratshitanga, Mbeki se woordvoerder, het gister aan Beeld gesê die oudpresident sal nie vandag op Wêreldvigsdag enige seremonie oor die virus hier bywoon nie.

“Hy is in Addis Abeba (in Ethiopië) vir ’n vergadering oor Darfoer,” het hy gesê.

Volgens Ratshitanga weier Mbeki om kommentaar te lewer op die beskuldigings teen hom.

Hy het gesê hy en Mbeki het nog nooit oor die moontlikheid van openbare toetse vir MIV/vigs gesels, óf oor sy regering se hantering van die pandemie nie.

Vavi het gesê hulle “is verlig en tevrede” om uiteindelik ’n regering te hê wat “bereid is om die stryd teen die pandemie van voor te lei”. “Ons het selfs ’n president wat homself in die openbaar vir MIV sal laat toets.”

* Mbeki het in sy biografie, Thabo Mbeki The Dream Deferred, teenoor die skrywer Mark Gevisser ontken dat hy ’n vigsontkenner is.


- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: thabo mbeki  |  vigs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riem sê... Alhoewel ons mekaar probeer vermy, het jy nou die aand met my saamgestem. Vanaand stem ek saam met jou! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Enjoy 5-dr MY08
2009
R 124,994.00

TOYOTA

Corolla Verso 160 MPV
2007
R 155,990.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.