Vierjarige vloed-slagoffer se lyk gevind
2011-01-06 19:18
Durban - Die lyk van 'n vier jaar oue seun wat deur die Gola-rivier in KwaZulu-Natal meegesleur is, is Donderdag gevind, het die Nasionale Seereddingsinstituut gesê.
Die seun het Woensdag met sy ses jaar oue suster op 'n rivierbank in KwaMakutha gespeel toe albei van hulle deur die rivier meegesleur is, het Craig Lambinon,'n woordvoerder, gesê.
Die meisie se lyk is later dieselfde dag gevind.
Vloede het Woensdag in verskeie dele van die land chaos veroorsaak, en gelei tot die dood van vyf mense in KwaZulu-Natal.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA