Vierjarige verdrink in Pinetown
2009-12-13 17:20
Johannesburg – ‘n Vierjarige seun het Sondag in ‘n swembad in Pinetown verdrink, het paramedici gesê.
“Nooddienste het om 15:00 op die toneel in Ashley, Pinetown, arriveer, maar hulle kon nie die seun se lewe red nie,” het ER24-woordvoerder Derrick Banks gesê.
Paramedici het probeer om die seun te resussiteer en het hom op ‘n lewensondersteuningstelsel geplaas.
Hulle het hom na die Life Enthabeni hospitaal geneem.
“Hy is met sy aankoms by die hospitaal as dood verklaar.”
Dit is onbekend of die swembad waarin die seun verdrink het ‘n heining om dit gehad het.
“Daar was verseker nie ‘n net oor die swembad nie,” het Banks gesê.
- Sapa