Vierjarige meisie sterf in ongeluk
2011-05-19 20:02
Johannesburg - ‘n Vierjarige meisie is Donderdag dood en ses ander kinders is beseer in ‘n ongeluk naby Margate, het paramedici in KwaZulu-Natal gesê.
Die taxi waarin hulle gereis het, het omstreeks 16:00 op ‘n gruispad teen ‘n bakkie gebots.
“Paramedici het met hul aankoms op die toneel gevind dat die wrakstukke van die bakkie en die taxi die pad versper het. ‘n Vierjarige meisie is onder die wiele van die bakkie gevind,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is onduidelik. Die ses beseerde kinders is na ‘n hospitaal geneem.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA