Vierjarige in hospitaal ná hy amper verdrink
2010-09-01 05:24
Kaapstad – ‘n Vierjarige seun is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy glo verdrink en daarna deur paramedici bygebring is, het Netcare911 Dinsdag gesê.
Die Netcare 1 mediese helikopter is deur paramedici gekontak ná die voorval in Waverley, Johannesburg.
Besonderhede van die voorval was nog onbekend.
Met paramedici se aankoms op die toneel het die seun geen reaksie getoon nie.
Die mediese span het hom bygebring en sy hart weer aan die gang gekry.
Hy is aan ‘n asemhalingsmasjien gekoppel en per helikopter na die Netcare Garden stadshospitaal geneem vir spesialis-behandeling.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter