Vierde man vas vir moord op Tolo
2011-12-19 17:47
Johannesburg – ‘n Vierde man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Cope-LP Jack Tolo, het die polisie in Limpopo Maandag gesê.
“Die veradgte is gisteraand [Sondagaand] in Mamelodi in hegtenis geneem en sal in die Sekhukhune-landdroshof verskyn,” het lt. kol. Mohale Ramatseba gesê.
Peter Piet Ditshego (30), Frans Matola (33) en Solomon Nkosi (41) het reeds in die hof verskyn in verband met die moord en bly in aanhouding. Hulle sal weer op 25 Januarie in die hof verskyn.
Tolo is op 21 Augustus in sy huis in Ga-Masha, Sekhukhune, vermoor.
In die aanval het ses mans Tolo se familie vasgebind. Hulle het hom doodgeskiet en geld, juweliersware en selfone by die familie geëis.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA