Vier vroue sterf in Vereeniging-ongeluk
2012-01-24 23:08
Johannesburg – Vier mense is dood en twee is beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing in Vereeniging Dinsdagaand, het paramedici gesê.
“Drie vroue in die een motor en ‘n vrou in die tweede motor het op die toneel gesterf weens die verskeie beserings wat hulle opgedoen het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Twee mans, waarvan een in een van die voertuie bestuur het, is kritiek beseer. Die bestuurder is per helikopter na die Netcare Union-hospitaal geneem vir verdere behandeling en die ander man is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.”
Die ongeluk het by die Boy Louw-afrit op die R59 plaasgevind.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA