Vier voetgangers doodgery
2010-02-18 13:00
Johannesburg – Vier voetgangers is dood nadat hulle Donderdagoggend naby Vereeniging deur 'n vragmotor raakgery is, het paramedici gesê.
Volgens Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, het hulle twee vroue en ‘n man in ‘n veld gevind waar die vragmotor tot stilstand gekom het. Die ongeluk het op Boy Louwrylaan tussen Sebokeng en Vereeniging plaasgevind.
Na bewering is nog 'n lyk onder die vragmotor gevind. Die geslag van die oorledene is nog nie bekend nie.
Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie.
Die bestuurder van die vragmotor het slegs ligte beserings opgedoen.
- Sapa