Vier vermeende verkragters vasgetrek
2012-02-11 16:32
Brits – Vier vermeende verkragters is in Brits in die Noordwes in hegtenis geneem, het die polisie Saterdag gesê.
Kapt. Pelonomi Makau het gesê die mans, tussen die ouderdomme van 27 en 43, is onderskeidelik in Dekroon, Bethanie, Oukasie en Majakaneng vasgetrek.
Die mans, wat al ses maande deur die polisie gesoek word, is tusssen 23:00 Vrydagaand en 02:00 Saterdagoggend in hegtenis geneem nadat die polisie 'n wenk ontvang het.
Hulle verskyn Maandag in die Brits-landdroshof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA