Vier verkool ná KZN-ongeluk
2011-08-23 19:02
Johannesburg – Vier mense is dood in ‘n kop-aan-kop-botsing op die N2 in Zoeloeland Dinsdagoggend, het die departement van vervoer in KwaZulu-Natal gesê.
Die bakkie en die motor het albei aan die brand geslaan ná die ongeluk, het Kwanele Ncalane, woordvoerder, gesê.
Drie mans was binne die bakkie vasgekeer en het gesterf. Een persoon in die motor is dood. Hulle lyke is só erg verkool dat hulle nie uitgeken kon word nie, het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA