Vier vas wat onderneming beroof
2011-09-18 18:07
Johannesburg – Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ‘n onderneming in Phokeng beroof het, het die polisie in Noordwes Sondag gesê.
“Die eienaar van die winkel was Vrydag saam met sy werkers en op pad om die winkel toe te maak toe hy deur die rowers, wat hulle met ‘n vuurwapen gedreig het, gekonfronteer is,” het lt. kol. Sabata Mokgwabone gesê.
“Die rowers het hulle gedwing om op die grond te lê en het die winkel van ‘n onbekende hoeveelher kontant beroof voordat hulle in ‘n Toyota Corolla gevlug het,” het Mokgwabone gesê.
Ná die rooftog gerapporteer is, het die polisie daarin geslaag om die motor op te spoor. Vier mans, tussen die ouderdomme van 25 en 32, is in hegtenis geneem.
Die mans is in besit van die gesteelde kontant betrap.
Hulle sal Maandag in die Phokeng-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA