Vier vas wat moord soos selfmoord laat lyk
2011-03-14 18:00
Johannesburg – Vier mense sal na verwagting Dinsdag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Volgens die polisie in Limpopo word die verdagtes daarvan beskuldig dat hulle ‘n man vermoor het, sy liggaamsdele verwyder en die misdaad soos selfmoord laat lyk het.
Munyaradzi Muthethwa, ‘n Zimbabwiese burger, het Vrydag aan ‘n boom naby Mathombo Lodge gehang, het lt.kol. Ronel Otto Maandag gesê.
Sy klere was bloederig en hy het steekwonde aan sy borskas gehad. Sy oë en geslagsdele is uitgesny.
Vier Zimbabwiese mans tussen die ouderdom van 17 en 31 is in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA