Vier vas ná transitorooftog
2010-06-07 23:05
Pretoria – Vier vermeende rowers is in Mamelodi, oos van Pretoria, in hegtenis geneem na afloop van ‘n transitorooftog, het die polisie Maandag gesê.
“Die mans het glo omstreeks 10:00 ‘n sekuriteitswag bespring wat besig was om twee geldhouers by ‘n Engen-vulstasie af te laai,” het kapt. Johannes Maheso, polisiewoordvoerder, gesê.
“Hulle het die geldhouers gegryp en op die vlug geslaan in ‘n wit Audi. Die voertuig is sowat 30 minute later in Eersterus opgemerk. Die polisie het die verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 40, later in Mamelodi vasgetrek.”
‘n Ongelisensieerde 9mm-pistool is in die motor gevind. Daar was egter geen teken van die geld nie.
Die saak word deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA