Vier vas ná moord op boer
2010-03-23 17:00
Johannesburg – Vier mense is in verband met die moord van ‘n 61-jarige boer van Limpopo in hegtenis geneem, het die polisie Dinsdag gesê.
“Tydens die inhegtenisneming is items wat uit die huis gesteel was in die verdagtes se besit teruggevind,” het supt. Ronel Otto gesê.
Dit sluit in twee gewere, twee vuurwapens, ‘n windgeweer, ammunisie, dvd-spelers en ander elektriese huisware.
“’n Hyundai-voertuig wat ook tydens die voorval gesteel was, is ook teruggevind, maar dit was in stukkies opgesny. “
Die verdagtes is by hul huise in Limpopo in hegtenis geneem.
Jan Wheeler is vroeër vandeesmaand buite Marble Hall in Limpopo vermoor.
Sy moordenaars het die agterdeur van sy huis gebreek en so toegang tot sy huis verkry.
Hulle het hom in sy kamer oorrompel en hom verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek.
- Sapa