Vier vas ná kokaïne-vonds van R5 miljoen
2011-10-17 15:31
Johannesburg – Vier Nigeriërs is in hegtenis geneem nadat die polisie tydens 'n klopjag beslag gelê het op kokaïne met 'n geraamde straatwaarde van R5 miljoen.
Die mans het na bewering kokaïne in die huis in Lonehill, noord van Johannesburg, vervaardig, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
Die polisie het 'n wenk ontvang nadat inwoners agterdogtig geraak het oor die aktiwiteit by die huis.
Tsinyane het gesê die klopjag is Maandagoggend 04:00 uitgevoer nadat een van die mans die polisie gesien en probeer het om weg te hardloop.
Die vier mans sal na verwagting later vandeesweek op aanklagte van die besit van dwelms en dwelmhandel in die hof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA