Vier vas met dwelms, gesteelde motor
2011-07-30 14:22
Johannesburg – Vier mans is Saterdag in hegtenis geneem ná 'n gesteelde motor en dwelms in Midrand, Gauteng in hulle besit gevind is, het die polisie gesê.
Volgens kapt. Kim Cloete is 'n VW Polo en 'n BMW deur die Johannesburgse blitspatrollie op Allandale-weg in Midrand afgetrek.
Daar was twee insittendes in beide motors.
Die polisie het in die VW Polo op dagga en ammunisie afgekom. Die twee mans is in hegtenis geneem vir die besit van ammunisie en dwelms.
Die BMW is vroeër in Lyttelton as gesteel gerapporteer en die twee insittindes het twee ongelisensiëerde vuurwapens in hulle besit gehad.
'n Saak van die besit van gesteelde eiendom en die besit van ongelisensiëerde vuurwapens is teen hulle aanhangig gemaak.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA