Vier sterf toe motor teen ambulans bots
2011-09-26 17:54
Johannesburg – Vier mense is dood toe hul motor Maandag teen ‘n ambulans in Port Elizabeth gebots het, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
Sizwe Kupelo, woordvoerder, het gesê die vier mense in ‘n Toyota Yaris het doodgebrand, aangesien die motor aan die brand geslaan het ná die kop-aan-kop-botsing.
Daar was ten tyde van die ongeluk geen pasiënte in die ambulans nie. Die bestuurder en ‘n passasier het kopbeserings opgedoen en is per helikopter na ‘n hospitaal vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk was nie onmiddellik duidelik nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA