Vier sterf ná winkel brand
2011-11-11 18:12
Vryburg – Vier mense is Vrydagoggend dood nadat hulle in 'n brandende winkel in Ganyesa, 70 km noord van Vryburg, vasgekeer is, het die polisie in die Noordwes gesê.
Brig. Thulani Ngubane het gesê die polisie het omstreeks 02:00 'n oproep van een van die winkel se vier Chinese bewoners ontvang.
Die persoon het aan die polisie gesê hulle het probeer ontsnap, maar toe hulle wakker word, het die winkel reeds gebrand.
Met die polisie se aankoms op die toneel is die winkel verwoes en drie mans (19, 25 en 35) en 'n 25-jarige vrou dood gevind.
Ngubane het gesê die polisie ondersoek sake van moord en brandstigting.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA