Vier sterf ná motor teen boom bots
2011-11-30 14:21
Bloemfontein – Vier mense is dood nadat die bestuurder van 'n VW Golf, waarin sewe mense gery het, beheer oor die voertuig verloor en teen 'n boom gebots het, het paramedici Woensdag gesê.
Die bestuurder het vermoedelik om 'n draai op die N8 beheer oor die voertuig verloor en die boom "teen 'n spoed" getref, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Ses mans en 'n vrou, tussen die ouderdomme van 17 en 23, was in die motor. Reddingswerkers en brandweermanne het reddingskake gebruik om die insittendes uit die wrak te bevry.
Drie van die insittendes is op die toneel dood verklaar. 'n Vierde persoon is later in die hospitaal dood.
Die beseerdes word in die Pelonomi-hospitaal behandel.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA